Gastehuis
Die Koppie Gastehuis
Geleë aan die voet van die ikoniese Prieska-koppie, bied Die Koppie Gastehuis eksklusiewe akkommodasie vir beide sakereisigers en toeriste. Geniet 'n perfekte mengsel van stylvolle gemak, moderne geriewe en uitsonderlike diens. Ons gastehuis beskik oor elf luukse kamers, elk toegerus met:
- Yskas en mikrogolfoond
- Haardroër, Strykyster en strykplank
- Elektriese komberse
- Televisie met DStv
- Gratis koffie, tee, melk, suiker en beskuit