So ietsie oor inPrieska...

Ek en my gesin het aan die einde van 2021 Prieska toe gekom en die stadsliggies van Kaapstad verruil vir die sterrehemel van die Noord-Kaap. As jy in die stad grootword, dink jy jy sal nooit na 'n klein dorpie kan trek nie, want "daar gaan niks aan nie".

Eers nadat ons hierheen verhuis het, het ons besef hoeveel dit bied. Ons het gepraat oor dinge wat ons prysgegee het, net om te ontdek dat daar mense in die dorp is wat ons daardie dinge kan bied - dikwels dinge waartoe ons nie toegang gehad het in die stad nie.

Dis toe dat die idee vir inprieska.co.za aan die lig gekom het: Om 'n plek te hê waar jy alles kan sien wat Prieska bied, en waar jou vooropvattings verander kan word.

Prieska groei – en ons doelwit is nie net om daarmee saam te groei nie, maar om dit nog hoër te lig.

Julian