Gastehuis
Allegro Gastehuis
Allegro Gastehuis bied skoon en netjiese akkommodasie vir die reisiger. Lugreëling sorg vir 'n koel lafenis in die somerhitte. Kamers is toegerus met 'n ketel, yskas, mikrogolf, eetgerei en borde. Sommige kamers is ingerig om tot 'n gesin van 4 te huisves. Braaiplek is beskikbaar. Tydens "loadshedding" is lig en wifi beskikbaar. Parkering is binne die gastehuis se omheining.